Brand         ANNA SE STORIE    WORD 'N AGENT    ONS SKRYWERS    ARTIKELS    VAKANSIESTORIES    KONTAK AGENTE LOGIN
  Ek het nog nie 'n agent nie
Lys die produkte wat jy wil bestel
Stuur bestelling aan agent

Resensie van DIE SEXY BISTRO SE SJEF (BOEK TWEE)


deur Lucindia Coetzee

Die spreekwoord mag wel lui 'Dont judge a book by its cover', maar met DIE SEXY BISTRO SE SJEF mag jy beslis maar so oordeel! Nes die eerste boek in die reeks, is hierdie tweede boek se buiteblad vars en nuut presies wat die boek self dan ook opdis: n unieke, vars 'take' op 'n lekkerlees liefdesverhaal.

In die eerste boek van die reeks word die agtergrond geskets rondom die ontstaan van Die Sexy Bistro, en ons kry 'n idee van die impak wat Erika se dood op haar drie vriendinne het, asook die groot uitdaging waarmee sy hulle laat. Die boek eindig met Julia, die sjef, wat onverwags uitstap op haar vennote, en dit is hr waar die tweede boek dan weer optel. In die eerste storie was daar reeds heelwat leidrade gegee dat Julia dalk n komplekse karakter is en ek het baie uitgesien daarna om meer van haar uit te vind. Maar ek moet s, sy het my 'n bietjie onkant gevang. Sy was glad nie wie ek my voorgestel het sy gaan wees nie...

'Hardegat, koppig, selfsugtig' - dt is hoe Thys van Jaarsveld, die manlike hoofkarakter, vir Julia beskryf, en dit is juis hierdie eienskappe wat dit vir my moeilik gemaak het om aanvanklik van haar te hou. Dis baie gou duidelik dat Julia s vasgevang is in haar eie hartseer en seerkry dat sy die hele wreld sien deur brilglase getint met pyn. Sy het n verwronge siening van almal rondom haar, geskep deur die teleurstellings en seerkry in haar lewe.

Mens ontmoet dikwels mense van wie jy nie noodwendig baie hou nie, maar met wie se omstandighede jy simpate kan h. Ek het egter selfs gesukkel om simpatie met Julia te h. Sy kom selfsugtig voor en het min simpatie met hoe haar optrede en woorde ander mense affekteer.

Anna Emm se karakterontwikkeling van Julia was egter uitstekend. Sy gee nie die hele karakter vir jou op n skinkbord nie, maar bou die karakter soos n legkaart wat stukkie vir stukkie, woord vir woord, inmekaar pas. Soos wat Julia se legkaart in plek begin val het, kon ek ook stadig maar seker die ware Julia begin sien en my hart was seer vir hierdie meisie wat nog vasgevang was in die pyn van haar kinderjare wat opgebou en opgebou het, en dan uiteindelik oorkook met Erika se dood.

Julia vlug Buffelsbaai toe waar sy probeer om die spoke van haar verlede te konfronteer, maar dis moeilik en die leser besef dat sy dalk nie die nodige 'tools' het om dit alleen te doen nie.

En dit is dan hier waar Thys inkom. Hy laat hom nie afsit deur Julia se prikkelbaarheid nie. Hy weet wie sy onder al die hartseer en frustrasie is en hy is vasbeslote om haar te help. Thys is aantreklik, intelligent, het n goeie humorsin en leef absoluut voluit. Julia verstaan hom glad nie en hy frustreer haar hy leef vreesloos en sy self is vasgevang in haar vrees.

Die verhouding tussen Thys en Julia is plofbaar en gekompliseerd, maar hy weier om op te gee op haar en stukkie vir stukkie breek hy die mure om haar hart af. (Ek dink elke vrou verdien n Thys in hulle lewens.) Weereens is die liefdestonele in hierdie boek s geskryf dat dit jou geensins ongemaklik maak nie, maar dat die passie tussen die twee tog voelbaar is.

Ons het almal n 'purpose' in die lewe, daai iets wat ons laat 'tick'. Vir Julia is dit kosmaak. Die dood van Erika maak dit vir haar amper onmoontlik om eens aan kos te dink, wat nog te s van kosmaak of selfs t... Dit maak haar frustrasie met haarself en haar situasie net nog erger.

Die visvangtoneel is n pragtige stukkie in die boek. Dit was asof ek deur die toneel kon sien hoe Julia se skanse afval en hoe daar weer n vuur in haar aangesteek word.

Anders as in die eerste boek wat n hele paar leidrade oor Julia gegee het, gee hierdie boek baie min weg oor Karlien (die derde en laaste hoofkarakter in die reeks). Aan die einde van die boek is dit duidelik dat Karlien met iets worstel, maar daar is nog bitter min van haar persoonlikheid verklap en ek sien uit om meer van haar te leer in die laaste boek.

In hierdie boek is Anna Emm se insig van pyn en die ontwaking van passie die sleutel tot die kompleksheid van Julia se karakter. Dit is net iemand wat self verlies en hartseer beleef het wat hierdie karakter met soveel oortuiging en deernis kon skryf.

Dit is dan ook Thys se woorde aan Julia wat my bybly lank nadat ek die boek klaargelees het: Ons gaan nie dood wanneer ons ophou eet nie ons gaan dood wanneer ons ophou leef