Brand         ANNA SE STORIE    WORD 'N AGENT    ONS SKRYWERS    ARTIKELS    VAKANSIESTORIES    KONTAK AGENTE LOGIN
  Ek het nog nie 'n agent nie
Lys die produkte wat jy wil bestel
Stuur bestelling aan agent
 
Terug na Voorblad
Naam van produk: Doolhof in die Dieretuin - Kies jou eie avontuur!
Formaat: A5 Storieboek (100 bladsye)
Storie deur: Corlie Putter
Illustrasies deur: Alex van Houwelingen
Taal: Afrikaans
Prys: R130
Ouderdomsgroep: 9 - 14 jaar

Waaroor gaan dit?

Tydens 'n laatmiddag-uitstappie deur die dieretuin, gewaar jy 'n wollerige hondjie alleen rondhardloop. Jy besluit om hom te volg. Maar dan verskyn 'n vreemde meisie - baie benoud - en vra jou hulp. Iets van 'n doolhof, vreemde mans en 'n wilde dier wat per ongeluk weggekom het... Dis toemaaktyd en die sekuriteitswag maak gereed om die hekke te sluit. Wat staan jou te doen?

Die "Kies jou eie avontuur" boeke is nie soos ander boeke wat jy al gelees het nie. Jy kan dit nie van voor tot agter deurlees nie! Aan die einde van elke bladsy moet jy, die leser, 'n keuse maak, wat bepaal wat volgende gaan gebeur. Jy kan die boek oor en oor lees - daar is meer as 40 verskillende eindes! Wees gewaarsku. Die avontuur is gevaarlik! Kies versigtig...


Lees ook die ander titels in die "Kies jou eie avontuur" reeks:
  • Vloek van die seekat-eilande
  • Professor Frisko se penarie
  • Raaisels in die museum
  • Nag van die seerowers

Laai die volledige katalogus af