Brand         ANNA SE STORIE    WORD 'N AGENT    ONS SKRYWERS    ARTIKELS    BOEKKLUB    GRATIS    KONTAK AGENTE LOGIN
  Ek het nog nie 'n agent nie
Lys die produkte wat jy wil bestel
Stuur bestelling aan agent
 
Terug na Voorblad
Naam van produk: Die Greyson-probleem volgens Nikita Joubert
Formaat: A5 Storieboek (200 bladsye)
Storie deur: Anna Emm
Taal: Afrikaans
Prys: R150
Ouderdomsgroep: Volwassenes (17+)

Waaroor gaan dit?

Drie-en-twingtig jaar gelede het Max en Fiona Greyson drie seuntjies aangeneem en hulle grootgemaak as deel van die suksesvolle Greyson-empire. Nou is hierdie seuns onafhanklike, aantreklike, intelligente mans wat elk in eie reg 'n aanwins is vir die familiebesigheid. Daar is net één probleem: nie een van hulle lyk asof hulle enigsins belangstel in die string gewillige meisies wat enigiets sal doen om die volgende mevrou Greyson te word nie. Wat is fout met die Greyson-mans dat hulle nie tot trou kan kom nie?

Sielkundiges meen Paul Greyson se voorliefde vir spoed is iets wat hy oorgehou het van die motorongeluk waarin sy ouers destyds oorlede is. Hy was immers as driejarige saam met hulle in die kar, vas aan die slaap in sy stoeltjie. Oor die jare het Paul geen tekort aan female attention gehad nie. Dis net dat hy beter dinge het om met sy tyd te doen, soos om op Killarney uit te hang. Die koerante beweer hy is liewer vir sy karre as vir mense, en Paul is geneig om saam te stem. Maar dan loop Nikita Joubert by Greyson Investments se kantore in en krap alles deurmekaar...

Die afgelope paar jaar van Nikita Joubert se lewe was alles behalwe maklik, en nou is sy desperaat. Toe Fiona Greyson haar nader om haar oudste seun se troue te reël, het Nikita geen ander keuse as om in te stem nie. Al beteken dit dat sy haarself dikwels in Paul Greyson se teenwoordigheid gaan bevind... Van die eerste oomblik af is die elektrisiteit tussen haar en Paul onmiskenbaar. Maar Nikita het lankal besluit om weg te bly van mans soos hy. Paul is gevaarlik en onverantwoordelik. Hy speel met die lewe – iets wat sy nie meer kan bekostig om te doen nie.


Lees ook die volgende boeke in die "Greyson" reeks:
  • Die Greyson-probleem volgens Amalie Verhoef - boek 1
  • Die Greyson-probleem volgens Este Erasmus - boek 3

Laai die volledige katalogus af