Brand     ANNA SE STORIE    KOOS TYDSKRIF    WORD 'N AGENT    WINKELS    ONS SKRYWERS    ARTIKELS    KOOP HIER    GRATIS    KONTAK AGENTE LOGIN
 
Terug na Voorblad
http://www.annaemm.co.za/shop/index.php?route=product/product&product_id=168

Waaroor gaan dit?

Hierdie boek is nie soos ander boeke wat jy al gelees het nie. Jy sal nie hierdie boek van voor tot agter kan deurlees nie. Die boek is vol raaisels en geheime, ompaaie en doodloopstrate … en jy, die leser, moet jou pad daardeur vind! Daar is meer as 40 verskillende maniere waarop hierdie avontuur kan eindig, meer as 95 keuses wat jy kan maak. Jy kan oor en oor na die begin toe teruggaan en weer begin, maar wees versigtig… Daar is lokvalle oral!

In GEHEIME OP DIE BODEM is jy die luitenant op ‘n duikboot. Jy en die berugte Kaptein Swart moet gaan ondersoek instel toe daar vreemde aktiwiteite op die seebodem aangemeld word. Daar is slegs genoeg suurstof om julle vir twee ure aan die lewe te hou. Behalwe 'n vreemde onderwatergrot, gevaarlike seediere en mans in swart duikpakke, begin jy boonop die gevoel kry dat Kaptein Swart nie is wie hy voorgee om te wees nie. Jy sal alles in jou vermoë moet doen om te keer dat die projek in die verkeerde hande beland. En jy moet te alle tye probeer om ... AAN DIE LEWE TE BLY! DIE AVONTUUR IS GEVAARLIK! KIES VERSIGTIG…

Kyk oor uit vir ander titels in die KIES JOU EIE AVONTUUR reeks!


Laai die volledige katalogus af