Brand         ANNA SE STORIE    KOOS TYDSKRIF    WORD 'N AGENT    BIBLIOTEKE    WINKELS    ONS SKRYWERS    ARTIKELS    GRATIS    KONTAK AGENTE LOGIN
  Ek het nog nie 'n agent nie
Lys die produkte wat jy wil bestel
Stuur bestelling aan agent
 
Terug na Voorblad
Naam van produk: Klub Katastrofe Boek Een (Tinka)
Formaat: A5 Storieboek (200 bladsye)
Storie deur: Anna Emm
Taal: Afrikaans
Prys: R150
Ouderdomsgroep: Volwassenes (17+)

Waaroor gaan dit?

Daar is 'n sprokie oor 'n kat wat vir sy baas geluk gebring het... Net jammer sulke dinge gebeur nie in die regte lewe nie, want die vier lede van Klub Katastrofe, 'n klub vir social misfits, kan doen met 'n bietjie geluk, veral as dit by die liefde kom. Tydens die weeklikse vergaderings speel hulle poker - 'n gevaarlike spel van luck, chance, risk ... en oor die beste maak van die hand wat vir jou gedeel is. Toe die kat egter op 'n dag opdaag, begin die lede van Klub Katastrofe se geluk die een na die ander draai. Maar dis net 'n storie... Of ís dit?

TINKA

Tinka McMillan het 'n losing streak, en nie net by die poker-tafel nie. Weens 'n rits verkeerde keuses sit sy nou boonop sonder werk en sonder blyplek. Dan erf sy onverwags 'n verwaarloosde ou antique shop in die hartjie van Kaapstad - 'n antique shop met 'n dakwoonstelletjie en 'n kat - en dit wil lyk asof haar geluk begin draai. Gou vind sy egter uit dat dinge nie is soos dit lyk nie. En om alles te kroon daag die man wat verantwoordelik was vir al haar ongeluk op, haar aartsvyand, die één mens wat sy nooit weer wou sien nie.

LIAM

Liam le Roux is verbaas toe hy uitvind dat die nuwe eienaar van die antique shop Tinka McMillan is. Dié Tinka McMillan oor wie hy al jare lank skuldig voel. Miskien, as hy haar nou help, kan dit juis die closure wees wat hy nodig het om te kan aangaan met sy lewe, om die leisels van die familiebesigheid te kan gaan oorneem en uiteindelik daardie ring te gaan koop. As Tinka net nie so hardkoppig was nie en as die twee van hulle net nie alewig vasgesit het nie... Is dit Liam se skuldgevoel wat hom laat teruggaan vir nóg ... of is dit iets anders?


Kyk uit vir ander titels in die reeks:

Boek Een - Tinka
Boek Twee - Lizbe
Boek Drie - Charlotte
Boek Vier - Quinn

Laai die volledige katalogus af