FREE courier delivery on orders of R500 and more (normal courier fee R95 per order).

  • Gevaar op Donkerhoek
Weens sy pa se finansiële probleme moet Mike-hulle tydelik op sy oupa se familieplaas, Donkerhoek, gaan bly. Vir Mike voel dit asof sy hele lewe uitmekaar val. Nou moet hy en sy ouer broer, Simon, na ‘n nuwe hoërskool gaan, en dít terwyl Simon reeds halfpad met matriek is en hy wat Mike is dit uiteindelik reggekry het om vriende te maak! Dit beteken ook dat hulle dalk nie meer Mike se perd, Fuego, óf sy weeklikse rylesse sal kan bekostig nie, en die Junior Streekskampioenskappe is om die draai! 

Maar alles is nie pluis op Donkerhoek nie. Vreemde dinge begin gebeur en voordat die seuns dit besef, word hulle by die plaas se gevaarlike geskiedenis betrek. En terwyl Mike alles in sy vermoë probeer doen om nie sy perd en rylesse te verloor nie, lyk dit boonop of daar iemand is wat wil seker maak dat dit wél gebeur, maak nie saak wat dit kos nie...

Geskryf deur Hanlie de Wet. Geskik vir 13-16 jariges.

Write a review

Please login or register to review

Gevaar op Donkerhoek

  • Brands Anna Emm
  • Product Code: Tienerboek (13+)
  • Availability: In Stock
  • R150.00

  • Ex Tax: R130.43

Tags: Gevaar op Donkerhoek