FREE courier delivery on orders of R500 and more (normal courier fee R95 per order).

  • PREORDER: Gif (beskikbaar 31 Oktober)

Anna Emm se nuwe fantasieverhaal vir volwassenes!


Dis 2041 en daar was jare laas enige teken van rotte in die stad onder die berg. Maar dit was voordat Geo die boksie rottegif in die kas ontdek het en besluit het om 'n einde aan sy lewe te maak. Net, dit wás nie die einde nie. Want toe hy twee dae later in die hospitaal wakker word, is daar 'n man met 'n grys pak langs sy bed. 'n Man wat vir hom 'n tweede kans op geluk aanbied: Enige drie wense in ruil vir sy diskresie.... Maar die dinge wat verkeerd was in sy lewe, is nie ál wat deur die drie wense verander is nie. Nou, terug in 'n alternatiewe realiteit, moet Geo probeer uitvind presies wat dit is wat hy nie kan onthou nie en probeer sin maak van dit wat hy wél onthou. Hy mag dalk net die enigste mens wees wat weet dat iets, iewers, vreeslik verkeerd gegaan het. Hy mag dalk net die enigste mens wees wat dit weer kan regstel. 


WOON DIE BOEKBEKENDSTELLING BY:

GIF word op Donderdag 31 Oktober in Brackenfell (Kaapstad) tydens 'n ete vrygestel!
Anna Emm gaan by tydens die geleentheid meer vertel oor die skryf van die boek en sal ook beskikbaar wees om jou boek vir jou te teken.

(As jy die boek by die boekbekendstelling wil afhaal, bestel die boek met jou ete kaartjie by natasha@annaemm.co.za om koerier vry te spring)

Datum: 31 Oktober | Tyd: 18h30 - 20h30
Venue: Papaz Bistro inside Bunches for Africa, 24 Fourie St, Brackenfell

ETE-KAARTJIE: R95 per persoon

BESTEL JOU BOEK VOORUIT:
R180 vóór 7 Oktober | R200 vóór 14 Oktober | R220 vanaf 15 Oktober
Ekstra eksemplare van die boek sal ook tydens die geleentheid beskikbaar wees @ R220 elk.

Bespreek vroegtydig by natasha@annaemm.co.za - slegs 40 plekke beskikbaar!


Write a review

Please login or register to review

PREORDER: Gif (beskikbaar 31 Oktober)

  • Product Code: Volwasse Boek
  • Availability: In Stock
  • R220.00

  • Ex Tax: R191.30

Tags: Gif