FREE courier delivery on orders of R500 and more (normal courier fee R95 per order).

  • Kies jou eie avontuur: Raaisels in die museum

Geskryf deur Corlie Putter | Voorblad-illustrasie deur Alex van Houwelingen | 


Hierdie boeke is nie soos ander boeke wat jy al gelees het nie. Jy kan dit nie van voor tot agter deurlees nie! Aan die einde van elke bladsy moet jy, die leser, 'n keuse maak, wat bepaal wat volgende gaan gebeur. Jy kan die boek oor en oor lees – daar is meer as 40 verskillende eindes!

In RAAISELS IN DIE MUSEUM is dit jou heel eerste dag as jong polisie-speurdertjie. Jy moet die verdwyning van die museum se eienaar, 'n ou tannie, ondersoek. Maar die museum is vol geheime tonnels en deure, leidrade en doodloopstrate, en geheimsinnige verdagtes! Wie se storie kan jy glo...? Jy moet die ou tannie in die hande kry vóórdat die horlosie middernag slaan en die belangrike gaste opdaag vir die bekendstelling van 'n nuwe, waardevolle item … ÁS JY JOU WERK WIL BEHOU!



ISBN: 9781928517597

Write a review

Please login or register to review

Kies jou eie avontuur: Raaisels in die museum

  • Brands Anna Emm
  • Product Code: Jeugboek (9-14)
  • Availability: In Stock
  • R140.00

  • Ex Tax: R121.74

Tags: Kies jou eie avontuur: Raaisels in die museum, Corlie Putter