FREE courier delivery on orders of R500 and more (normal courier fee R95 per order).

  • Die 72-uur Troue

Dis net 72 uur. Hoe erg kan dit nou wees?


Missy van der Westhuizen was nog altyd gewoond daaraan om te kry wat sy wil hê. Dis waarom sy daardie aand in 'n oomblik van dapperheid haar hart onbloot het en haarself op 'n skinkbord aangebied het vir die enigste man wat sy nog ooit wou gehad het. Die probleem is, hy het haar reject. En vier jaar later brand die sting van daardie vernedering nog steeds...


Nou moet Missy Kaap toe vir haar tweelingbroer se troue en hý gaan ook daar wees. As sy net deur hierdie drie dae kan kom met haar waardigheid nog in plek, hoef sy hom nooit weer te sien nie. Niemand, en veral nie hý nie, hoef te weet hoe sy régtig oor Lukas voel nie...


Lukas Toerien se lewe was nie maklik nie, en vier jaar gelede het hy alles behoorlik laat ontspoor. Vir vier jaar lank al hardloop hy weg vir die waarheid – die waarheid oor homself, oor sy verlede … en oor háár. Maar hy is moeg gehardloop, en toe Rhys hom na sy troue nooi, weet Lukas dis tyd om sy demons te face. Wat ookal gebeur, Missy moet die waarheid weet. Dan sal hy kan wegstap en vrede maak met die feit dat hy haar nie kan hê nie, dat die enigste meisie wat hy nog ooit wou gehad het, vir altyd vir hom verbode is.


"As ek myself ooit op ‘n verlate eiland moet bevind met slegs boeke as geselskap,

sal ek doodgelukkig wees as dit Anna Emm se boeke is..." - Lucinda Coetzee


Write a review

Please login or register to review

Die 72-uur Troue

  • Brands Anna Emm
  • Product Code: Liefdesverhaal
  • Availability: In Stock
  • R100.00

  • Ex Tax: R86.96