FREE courier delivery on orders of R500 and more (normal courier fee R95 per order).

  • Die 72-uur Leuen


Dis net 72 uur. Hoe erg kan dit nou wees?



Vier jaar gelede het Chani Mouton se lewe ontspoor. Die lugredery se belofte dat sy die wêreld sou sien, was 'n uitkomkans, 'n manier om weg te kom uit die Kaap. Maar nou sit sy vas in 'n siklus van binnelandse vlugte, soms tot vier keer per dag. Dis ondraaglik, maar ten minste is dit veilig.


Een aand is daar 'n mix-up met die bookings, en Chani bevind haarself gestrand in die reënerige Moederstad sonder 'n vlug uit. Sy't nêrens om heen te gaan nie, niemand om te bel nie. Die enigste mense wat sy ken, is die mense wat sy al vier jaar lank vermy.


Dan duik 'n oplossing skielik op. Al wat sy moet doen, is om 'n kleinerige witleuntjie te vertel...


Jake Gerber se lewe is all work and no play. Binnekort moet hy die stuur van die familiebesigheid oorneem, so daar is nie tyd vir distractions nie. Maar toe daardie krulkop met die lang bene by die hotel instap, weet Jake hy is in die moeilikheid. Sy steek iets weg – hy kan dit aanvoel – en hy is vasbeslote om agter die kap van die byl te kom.


Toe Jake egter die waarheid oor Chani uitvind, dreig dit om alles waarvoor hy gewerk het, te vernietig. Hy is reeds te diep in – hook, line and sinker. As Chani se wêreld splinter, gaan dit syne daarmee saam vat.


DIE 72-UUR LEUEN die vierde boek in Anna Emm se 72-uur reeks.

Weens die volwasse temas in die boek word dit nie aanbeveel vir lesers onder 17 jaar nie.



ISBN: 9781928517184

Write a review

Please login or register to review

Die 72-uur Leuen

  • Product Code: Liefdesverhale
  • Availability: In Stock
  • R100.00

  • Ex Tax: R86.96