FREE courier delivery on orders of R500 and more (normal courier fee R95 per order).

  • Kies jou eie avontuur: Professor Frisko se penarie

Geskryf deur Corlie Putter | Voorblad-illustrasie deur Alex van Houwelingen | 


Hierdie boeke is nie soos ander boeke wat jy al gelees het nie. Jy kan dit nie van voor tot agter deurlees nie! Aan die einde van elke bladsy moet jy, die leser, 'n keuse maak, wat bepaal wat volgende gaan gebeur. Jy kan die boek oor en oor lees – daar is meer as 40 verskillende eindes!

In PROFESSOR FRISKO SE PENARIE is jy die eienaardige professor se assistent in sy laboratorium. Hy het belangrike navorsing wat nie in die verkeerde hande mag val nie, en hy het dit gekrimp en iewers in die tuin gaan wegsteek. Nou is dit lewensbelangrik om die dokumente betyds op te spoor. Jy en die professor word ook gekrimp en die tuin ingestuur om dit te gaan soek. Kan jy uit die skelms se pad bly, die navorsing opspoor, en die groot gevare in die tuin ontduik? En jy moet te alle tye probeer om AAN DIE LEWE TE BLY!

Wees gewaarsku. Die avontuur is gevaarlik! Kies versigtig...



ISBN: 9781928517634

Write a review

Please login or register to review

Kies jou eie avontuur: Professor Frisko se penarie

  • Brands Anna Emm
  • Product Code: Jeugboek (9-14)
  • Availability: In Stock
  • R140.00

  • Ex Tax: R121.74

Tags: Kies jou eie avontuur: Professor Frisko se penarie, Corlie Putter