FREE courier delivery on orders of R500 and more (normal courier fee R95 per order).

  • Die Greyson-probleem: Amalie Verhoef
Drie-en-twintig jaar gelede het Max en Fiona drie seuntjies aangeneem en hulle grootgemaak as deel van die suksesvolle Greyson-empire. Nou is hierdie seuns onafhanklike, aantreklike, intelligente mans wat elk in eie reg 'n aanwins is vir die besigheid. Daar is net één probleem: nie een van hulle lyk asof hulle enigsins belangstel in die string gewillige meisies wat enigiets sal doen om die volgende mevrou Greyson te word nie.


Wat is fout met die Greyson-mans dat hulle nie tot trou kan kom nie?


NEIL

As oudste seun en die nuwe CEO van Greyson Investments, voel Neil Greyson die verantwoordelikheid swaar op sy skouers. Hy het nie tyd vir meisies nie, nog minder vir die media wat hom op al wat 'n voorblad is opdis as die een of ander stuk vleis... Toe sy ma daarop aandring dat 'n joernalis hom vir 'n paar dae volg en 'n reeks artikels oor die nuwe hotel skryf, weet Neil sommer dit gaan 'n lang week wees. Hy het egter nie besef dat die joernalis vróúlik gaan wees nie. Hy het ook glad nie gereken daarop dat sy dwarsdeur sy maskers sal kan sien nie...


AMALIE

Amalie verstaan nie hoekom Fiona Greyson haar genader het vir die artikels nie, veral aangesien dit juis háár omstrede blog was wat die Greyson-probleem voorbladnuus gemaak het... Maar dis die kans van 'n leeftyd, 'n voet in die deur, 'n geleentheid om die redakteur van die Times te beïndruk en dalk 'n permanente pos te kry. Al wat sy moet doen, is om die aantreklike Neil Greyson oral te volg. Dis egter nie lank nie of die vonke spat tussen Amalie en die CEO van Greyson Investments – die één man van wie sy so graag nié wou hou nie...



*** Laai die eBoek hier af: https://www.kobo.com/za/en/ebook/die-greyson-probleem-volgens-amalie-verhoef-boek-1 ***



ISBN: 9781928517078

Write a review

Please login or register to review

Die Greyson-probleem: Amalie Verhoef

  • Brands Anna Emm
  • Product Code: Liefdesverhaal
  • Availability: In Stock
  • R100.00

  • Ex Tax: R86.96

Tags: Die Greyson-probleem: Amalie Verhoef, Anna Emm