FREE courier delivery on orders of R500 and more (normal courier fee R95 per order).

  • Klub Katastrofe (Quinn)
Daar is 'n sprokie oor 'n kat wat vir sy baas geluk gebring het...


Net jammer sulke dinge gebeur nie in die regte lewe nie, want die vier lede van Klub Katastrofe, 'n klub vir social misfits, kan doen met 'n bietjie geluk, veral as dit by die liefde kom. Tydens die weeklikse vergaderings speel hulle poker – 'n gevaarlike spel van luck, chance, risk … en oor die beste maak van die hand wat vir jou gedeel is. Toe die kat egter op 'n dag opdaag, begin die lede van Klub Katastrofe se geluk die een na die ander draai. Maar dis net 'n storie... Of ís dit?


QUINN


Klub Katastrofe se laaste enkellopende lid, Quinn McCarthy, word teen haar sin by 'n polisie-ondersoek betrek toe een van haar kliënte buite haar tattoo shop vermoor word. As enigste ooggetuie, plaas dit haar lewe nou in gevaar. Quinn weier egter om haar te laat voorskryf deur die bombastiese en geslote (dog aantreklike) speurder in beheer van die ondersoek, en besluit om haar veiligheid in eie hande te neem. Maar sy was nie voorbereid daarop dat sy, ten spyte van haar beste voornemens, meer en meer aangetrokke tot Kaptein Crause sou wees nie. Net jammer hy het dit baie duidelik gemaak dat hy glad belangstel in haar nie...


ETIENNE


Kaptein Etienne Crause het één doel voor oë: om Jason Parker se moordenaars vas te trek. En daarvoor het hy sy enigste ooggetuie, Quinn McCarthy, léwend nodig. Maar hoe harder hy probeer om haar veilig te hou, hoe meer hardkoppig en eiewys raak sy. Dit help ook glad nie dat haar unieke voorkoms en aansteeklike vrolikheid besig is om met sy kop te smokkel nie. Sy is ánders as al die ander meisies wat hy al ontmoet het. Sy is 'n uitdaging – iets wat hom, teen sy sin, soos 'n magneet aantrek. Maar Etienne Crause is op 'n goeie plek in sy lewe. Hy weet wie hy is en hy't vrede gemaak daarmee. Hy is nie in die mark vir komplikasies nie...


*** Laai die eBoek hier af: https://www.kobo.com/za/en/ebook/quinn-klub-katastrofe-boek-4 ***


ISBN: 9781928517030

Write a review

Please login or register to review

Klub Katastrofe (Quinn)

  • Brands Anna Emm
  • Product Code: Liefdesverhaal
  • Availability: In Stock
  • R100.00

  • Ex Tax: R86.96