FREE courier delivery on orders of R500 and more (normal courier fee R95 per order).

  • Jan-Jopie en die meisiekind en die rugsteker

Boek 3 | Geskryf deur Anna Emm | 


Daar is 'n nuwe seun in Wittekrans Privaatskool. Aangesien Jan-Jopie weet hoe dit voel om vreemd in 'n nuwe skool te wees, ontferm hy hom oor die outjie. Maar sommer gou kom hy sy fout agter, want nou wurm die seun hom mooitjies tússen Jan-Jopie en die meisiekind in! Hy kom krap in sy slaai en steek hom sowaar in die rug! Nie net meng die nuwe seun nou by hulle speurwerk in nie, maar hy vra sowaar vir die meisiekind na die skool se dans toe – vóórdat Jan-Jopie nog 'n kans gehad het om haar te vra!

En dis nie die enigste probleem nie. Vreemde dinge is aan die gebeur in die Geskiedenisklas... Soos gewoonlik besluit die meisiekind om te gaan rondsnuffel en dis nie lank nie, of sy trek vir Jan-Jopie én die nuwe seun saam met haar by die gevaar in!



ISBN: 9781928517740

Write a review

Please login or register to review

Jan-Jopie en die meisiekind en die rugsteker

  • Brands Anna Emm
  • Product Code: Jeugboek (9-14)
  • Availability: In Stock
  • R135.00

  • Ex Tax: R117.39

Tags: Jan-Jopie en die meisiekind en die rugsteker, Anna Emm