FREE courier delivery on orders of R500 and more (normal courier fee R95 per order).

  • Die Storieverteller se Boek

Geskryf deur Anna Emm | 


'n Outobiografie deur Anna Emm. 


Toe Anna Emm in 2002 uit haar onderwysloopbaan bedank om haar droom te gaan najaag, nl. die skryf van stories wat die wêreld verander, het sy geen idee gehad waarheen hierdie pad haar uiteindelik sou lei nie. Vandag is Anna Emm (Pty) Ltd die grootste vervaardiger van oorspronklike kinderstories in Suid-Afrika, en ook een van die vinnig-groeiendste maatskappye. Die besigheid se uniekheid en vasberadenheid om dinge "anders" te doen, is 'n direkte gevolg van die vrou aan die stuur.

Met die toenemende aandag wat Anna Emm deesdae ontvang, het heelwat mense vrae oor "die storie agter die stories"... Almal is nuuskierig oor Anna, oor die pad wat sy gestap het tot hier, en oor haar love affair met woorde. Waar kom sy vandaan?

Hierdie is Anna se storie in haar eie woorde. Daar word soms na haar verwys as "the child whisperer". Met haar amper magical slag met woorde, trek sy jou in elkeen van haar stories in tot daar waar jou tone krul en jy na jou asem snak. Hierdie boek is geensins anders nie. Soos Anna jou aan die hand vat en jou agter haar aan lei deur die donker kronkelpad van haar stormagtige verlede, en uiteindelik tot by die lig, sal sy jou nie onaangeraak laat nie. 

Maak gereed vir 'n ongelooflike storie - en hierdie keer is dit alles wáár. As dit jou eerste kennismaking met hierdie unieke storieverteller is, sal jy verstaan waarom sy so geliefd is onder al die kinders wie se lewens sy aanraak. 



Write a review

Please login or register to review

Die Storieverteller se Boek

  • Brands Anna Emm
  • Product Code: Die Storieverteller se Boek
  • Availability: In Stock
  • R160.00

  • Ex Tax: R139.13

Tags: Die Storieverteller se Boek, Anna Emm