Brand         ANNA SE STORIE    WORD 'N AGENT    ONS SKRYWERS    ARTIKELS    NAWEEKTEATER    KONTAK AGENTE LOGIN
  Ek het nog nie 'n agent nie
Lys die produkte wat jy wil bestel
Stuur bestelling aan agent
 

ONTMOET ONS SKRYWERS

Anna Emm Kinderstories is in 2005 gestig deur oud-onderwyseres, Anna Emm, met die doel om kwaliteit kinderstories te vervaardig en te versprei. Vandag word die Anna Emm handelsmerk landswyd deur ouers aangeskryf vir die kreatiwiteit, waardes en positiewe lewensuitkyk wat dit by kinders aktiveer. Die stories is vry van die bangmaak-elemente, towery en donker temas wat so baie van die hoofstroom kinderstories deesdae bevat.

Gedurende die afgelope tien jaar het Anna Emm self meer as 2000 van hierdie stories geskryf. Sy het egter begin soek na skrywers wat kan help skryf, skrywers met die regte aanvoeling vir kinders, dieselfde positiewe invloed en entoesiasme vir stories wat kenmerkend aan haar eie styl is. Anna Emm-skrywers word fyn uitgesoek vir daardie "iets anders" - die vermoë om buite die boksie te kan skryf. Hulle word dan gelei en gementor deur Anna Emm self om in lyn met die maatskappy se waardes en unieke styl te skryf.

Ons skrywers ontvang 'n rooi Anna Emm koffiebeker vir elk van hulle boeke.


Ontmoet 'n paar van hierdie besonderse mense agter die Anna Emm stories:

KOOS KOMBUIS

Bekende skrywer, Koos Kombuis, wou nog altyd graag 'n jeugverhaal aanpak, maar hy was nie heeltemal seker hoe om dit te benader nie. Toe hy met Anna kennismaak in 2014, het hy sy idee vir 'n boek met haar gedeel - 'n storie oor goggas wat monsteragtig groot word. "Monster-Goggas" het in Februarie 2016 verskyn, en dit was dadelik gewild. Hopelik volg daar nog 'n paar jeugboek uit hierdie geliefde skrywer se pen!

  • Monster-Goggas (8-12 jariges) JEUGBOEK

HANLIE DE WET

Toe Hanlie se manuskrip vir die eerste "Meelon" jeugboek op Anna se tafel beland, het ons dadelik geweet dat ons 'n besonderse skrywer ontdek het. Ons kon nie anders as om haar in te trek nie! Hanlie het die vermoë om slim stories te skryf met sterk spanningslyne, wat buite die lyne inkleur. As skrywer is sy uiters kreatief, dapper en slim! Haar skryfstyl en die unieke stories wat sy bring, is 'n waardevolle toevoeging tot die Anna Emm katalogus.

  • Meelon en die elektromagnetiese storm (8 - 12 jariges) JEUGBOEK
  • Meelon en die gesteelde fonomorf (8 - 12 jariges) JEUGBOEK
  • Meelon en die kuberjakker (8 - 12 jariges) JEUGBOEK
  • Meelon en die supra-poort (8-12 jariges) JEUGBOEK
  • Meelon en die Haumeaanse kloon (8-12 jariges) JEUGBOEK

CORLIE PUTTER

Corlie was een van die eerste skrywers wat ons nader getrek het. Sy is raakgesien toe sy aan Anna Emm se aanlyn-skryfkursus deelgeneem het. Sy het Anna beïndruk met haar vermoë om met woorde en humor te speel, en om detail raak te sien en te beskryf wat meeste skrywers sal ontgaan. Corlie het die afgelope tyd help skryf aan:

  • Doolhof in die Dieretuin – Kies jou eie avontuur! (9-14 jariges) JEUGBOEK
  • Professor Frisko se penarie (9-14 jariges) JEUGBOEK
  • Vloek van die Seekat-eilande (9-14 jariges) JEUGBOEK
  • Seerowerbaai (8 – 12 jariges) Vervolgverhaal
  • Raaisels in die museum (9 – 14 jariges)
  • Nag van die seerowers (9 – 14 jariges)
  • Jaar van die jellievisse (8 – 12 jariges)

ELANI VENTER

Alhoewel sy reeds verskeie pryse gewen het vir haar volwasse kortverhale, het Elani Venter nooit daaraan gedink om 'n jeugboek aan te pak vóór sy vir Anna Emm ontmoet het nie. Anna het 'n onderhoud met Elani gelees en 'n “gut feel” oor hierdie jong skrywer gekry. Sy was reg! Die twee skrywers het kragte saamgesnoer en Elani se eerste jeugboek, Deur die Digitale Orbis, is reeds 'n reuse sukses. Ons sien uit na nog boeke uit haar pen!

  • Deur die Digitale Orbis (8-12 jariges) JEUGBOEK
  • Kaptein Ressiv (8-12 jariges) JEUGBOEK

MINIQUE GUTSCHOW

Minique was een van die skrywers wat destyds 'n kinderstorie-kursus by Anna voltooi het. Ons was baie beïndruk met haar netjies, gemaklike manier van skryf, asook haar kreatiwiteit en vermoeë om buite die boksie te dink. Toe ons jeugboek-afdeling begin groei, het ons haar gekontak en gevra of sy haar hand aan hierdie genre wil waag. Dit was 'n reuse sukses, en ons sien uit na nog baie boeke uit haar pen!

  • Aliens op die atletiekveld (8-12 jariges) JEUGBOEK
  • Help! Ek het my pa gekrimp! (8-12 jariges) JEUGBOEK
  • Brul! (8-12 jariges) JEUGBOEK


HETTIE DU PLESSIS

Hettie is 'n geesdriftige skrywer, wat al reeds 'n paar van Anna Emm se skryfkursusse voltooi het. Sy het o.a. ons maandelikse mentorskapprogram vir jeugboekskrywers gedoen waartydens sy onder Anna se leiding haar eerste jeugboek, OPERASIE GEBAKTE PERE, geskryf het. Die boek het reeds rekordverkope gehaal, en ons sien uit na haar volgende stories!

  • Opersie Gebakte Pere (8-12 jariges) JEUGBOEK


Mariska Ford

Mariska het in 2016 Anna Emm se aanlyn-mentorskap vir skrywers voltooi, en die eerste storie in haar Atlas-reeks só geskryf. Haar idees was vars en uniek, buite die boks, en het dadelik ons aandag getrek! Ons het besluit om haar te vra om voort te gaan en onder Anna Emm se leiding vir ons 'n hele reeks Atlas-avonture te skryf. Sy was onlangs in die Kaap vir die bekendstelling van die eerste boek.

  • Atlas-avonture in die Amasone (30-9 jariges) KINDERBOEK