Brand         ANNA SE STORIE    WORD 'N AGENT    ONS SKRYWERS    ARTIKELS    NUUT! LIEFDESVERHALE    KONTAK AGENTE LOGIN
  Ek het nog nie 'n agent nie
Lys die produkte wat jy wil bestel
Stuur bestelling aan agent
 
Anna Emm se kinderstorie-produkte is nie in winkels beskikbaar nie, maar word versprei deur agente landswyd – tans meer as 500! Ons agente is passievol oor ons stories, hulle geniet elke oomblik van wat hulle doen, en hulle verdien goeie kommissie. Sluit sommer vandag nog by ons aan!

LW: Daar is geen beperking op die hoeveelheid agente in 'n spesifieke area nie, en enigeen is welkom om as agent te registreer.

agente se stories...

Nienke Smit (Pretoria)

Ek het so 'n jaar terug 'n agent geword vir Anna Emm Kinderstories. Dit was eintlik 'n groot stap vir my, want ek het nog nooit eintlik myself as 'n verkoopspersoon gesien nie... Ek het dus 'n bietjie huiwerig, maar opgewonde op hierdie nuwe reis gegaan. Ek het vir myself 'n website, Pinterest- en Facebook-blad opgestel, en my vriende almal laat weet van my nuwe besigheid. Dit was nie lank nie, of ek het my eerste bestellings gehad! Dit het vinnig vir my duidelik geword dat dit maklik is om hierdie stories te verkoop. Die produkte is groot pret, dis interessant, kreatief en van 'n baie hoe gehalte.

Ek het al 'n hele paar getuienisse van mammas gekry wat my vertel hoe baie hulle kinders die stories geniet, en die groot verskil wat hierdie stories in hulle lewens maak. Ek het dit self gesien toe ons dogtertjie (nou 2 jaar oud) al die stories vooruit kon vertel en lekker lag vir al die grappies.

Ek het baie van myself geleer die afgelope jaar, en ek het wonderlike mede-agente en nuwe kliente ontmoet wat ek nie andersins sou ontmoet het nie. Ek is baie dankbaar daarvoor. Dit was die beste besluit wat ek kon maak om deel te word van hierdie ongelooflike span mense by Anna Emm Kinderstories.

Erika Fourie (Windhoek)

Sewe jaar gelede toe my oudste 3 was, het ek oral gesoek na Afrikaanse kinderstories, maar nêrens gekry nie. Ek het op Anna se Lekkerbekkie Muis-stories afgekom en was dadelik mal daaroor. Ek het gevra of ek ‘n agent in Namibie kan word en het so ek het deelgeword van ‘n span wat al oneindige storiegenot verskaf het.

My dogtertjies (5 en 10) is mal oor die stories. Al ken hulle reeds meeste van die stories uit hulle koppe, mag ons nie die motor afskakel as 'n storie nog nie klaar is nie...ons móét klaar luister! Elke keer as ek ‘n pakkie by die poskantoor gaan afhaal en daar is nie ‘n CD vir hulle ook in nie, wil my oudste weet hoekom ek dan net vir ander kinders stories koop en nie vir hulle nie.

Die mammas wat by my koop raak net so opgewonde oor die stories soos die kinders, en ek het ‘n paar gereelde Vakansiestorie-luisteraars... wat lankal nie meer skoliere is nie – LOL!

Soos Anna altyd sê: ‘n storie kan iemand se lewe verander. So ons hou aan om lewens te verbeter. Ons geniet dit so! Dankie, Anna!

Susan Grobbelaar (Nelspruit)

Iemand het my so drie jaar gelede vertel van Anna Emm en ek het dadelik agent geword. Ek was aangenaam verras met hierdie prettige stories! Anna se stories het ons huis behoorlik gevul, en ek en my kinders luister steeds stories in die motor, op die speelmat, en saans as die lig reeds af is. My kinders haal dit selfs uit wanneer hier maatjies kuier!

Ek het my man, wie aanvanklik niks wou weet van stories in sy motor nie, onlangs betrap waar hy daarna luister toe ek en die kinders glad nie by is nie...

Saam met Anna en haar span het ek geleer hoe kragtig die werking van stories is. Ek weet van ‘n paar gesinne wat baie baat gevind het by die Vita Stories - om nie eers te praat van die geweldige terugvoer van terapeute en sielkundiges wat dit in hul praktyke gebruik nie.

ie diens wat ons as agente kry van Anna en haar span is werklik fantasties! Hul positiewe en vriendelike hulp, goeie bemarking en ondersteuning maak dit vir ons so maklik om 'n inkomste te verdien deur die produkte te versprei.

Een van my kliënte vertel hoe hulle saam met hulle dogtertjie geluister het na die Ruimte- avontuur CD in die motor. By die huis aangekom het sussie uitgespring en ingegaan huistoe, en Pappa en Mamma het bly sit om die storie klaar te luister!

'n Ander kliënt vertel hoe hulle as gesin saam met Oupa en Ouma Pretoria toe is, en op die pad geluister het na Seerowerbaai. In Pretoria aangekom, was daar nog 2 hoofstukke oor, waarna Oupa besluit hulle moet eers ‘n ekstra draai ry voor hulle stop, sodat hy net kan klaar luister!

Anna se stories is waarlik vir oud en jonk, vir lekker en vir leer! Ek kan regtig my lewe meer voorstel sonder hierdie stories nie!

Louise Curry – Brakpan

My AnnaEmm-reis het begin toe ons 'n “Sussie en Jakob” DVD in 'n kompetisie gewen het. My kinders was been-af op die stories en ek moes nog kry! Ek het gehoor dat AnnaEmm opsoek was na agente, en het besluit om sommer dadelik aan te sluit.

Ek was aanvanklik skikkerig oor ek glad nie 'n bemarker is nie, maar het begin deur die katalogus in ons vriendekring rond te stuur, en sommer net oor Anna se stories te praat oral waar ek kom. Ek het baie “sample CDs” uitgegee – die stories bemark hulle self!

Stadig maar seker het ek my kliënte-basis begin opbou. Ek het begin soek na geleenthede om uitstallings te hou, en by elke uitstalling daarop gefokus om soveel mense moontlik se kontakbesonderhede te kry. So het my databasis gegroei.

AnnaEmm se produkte is in my eie huis 'n groot aanwins - ek het eerstehands ervaar hoe dit help om my kinders se konsentrasie en spraak te verbeter.

Om voorraad op te bou het ek die kommissie wat ek verdien het weer op produkte spandeer. Vandag het ek ten minste een van elke produk in die katalogus en soos ek verkoop, vervang ek dit weer.

Ek is opgewonde oor AnnaEmm se ongelooflike groei die afgelope paar jaar. Wanneer ek mense ontmoet wat nog nie ons produkte ken nie, is dit so lekker die een te kan wees om hulle daaraan bekend te stel! As mens eers 'n AnnaEmm-"fan” is, is jy dit "for life". Ek wil die besigheid sien groei tot dit die bekendste en mees geliefde kinderstories is - nie net in ons land nie, maar oral in die wêreld!

Diane la Grange - Bloemfontein

Op AnnaEmm se agente-inligting staan “Raak betrokke by hierdie ongelooflike reis...”

Vandag kan ek met trots sê EK IS DEEL VAN HIERDIE ONGELOOFLIKE REIS!

Opsoek na inligting en stories vir my speelskool het ek AnnaEmm se webtuiste in 2013 ontdek. Ek het onmiddellik aanklank gevind by haar verhaal en haar produkte. Ek het dadelik as agent in Bloemfontein aangesluit.

Gou het ek besef dat daar ‘n groot behoefte en belangstelling vir hierdie produkte is en die logiese volgende stap vir my was om die franchise-pakket te koop sodat ek voorraad in die hand kon hê. Sedertdien het ek uitgebrei, ander agente onder my aangestel en ‘n goeie van netwerk van kliënte opgebou. Ek is opgewonde oor AnnaEmm en toegewyd om die handelmerk tot sy volle potensiaal help te bemark!

Uit die aard van my beroep, besef ek die waarde van die AnnaEmm-produkte. Dit spreek soveel fasette van kinderontwikkeling, o.a. taal en luistervaardighede, aan. Hierdie opvoedkundige waarde vorm die grondslag van my bemarking. Ek vind dat ouers net so lekker saam luister!

My bemarking was aanvanklik beperk tot my onmiddellike omgewing, maar verlede jaar tydens 'n agente­oggend het ek besluit om my bemarking uit te brei na ander areas.

AnnaEmm maak voorsiening waar daar tans ‘n groot tekort in die mark is. Die ongelooflike behoefte vir kwaliteit Afrikaanse stories dra beslis by tot die gewildheid van die produkte. Daar is ‘n wonderlike toekoms en groot geleenthede vir ons almal wat betrokke is by AnnaEmm. Stel net vir jou doelwitte, bemark pro-aktief, dink uit die boks en lewer goeie diens! Die stories verkoop hulself!